REGISTRASIE
Titel*: Tipe Uitreik*:
Huwelikstatus*: Uitreikland*:
Nuusbrief:

PERSOONLIKE INLIGTING
Paspoort Van*: Geboortedatum*:
Volledige Paspoort Name*: ID nr*:
Voorletters*: Noemnaam*:
Posadres*: Straatnaam*:
Uitbreiding*:
Stad/Dorp*:
Kode*: Provinsie*:

PERSOONLIKE KONTAK NOMMERS
Werk: Huis:
Faks: Sel*:
E-pos:
Indien jy nie oor `n selfoon beskik nie, enige ander kontak nommer.

PASPOORT INLIGTING
Paspoortnr: Paspoort tipe:
Uitreikdatum: Huidige Nasionaliteit:
Vervaldatum: Vorige Nasionaliteit:
Plek waar uitgereik:

IN GEVAL VAN NOOD
Kontak naam*: Kontak verband*:
Kontak van*:
Kontak Tel (Huis): Kontak Tel (Sel)*:
Kontak Tel (Werk): Kontak E-pos:
Straatadres*:

GEMEENTE INLIGTING
Denominasie*: Sendingpredikant/bestuurder*:
Gemeente naam*: Gemeente Tel nr*:

LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE DEEGLIK DEUR EN MERK DIE GEGEWE BLOKKIE OM AAN TE DUI DAT U KENNIS NEEM VAN DIT WAT GESÊ IS
  • Sodra ons jou aansoekvorm ontvang sal jy 'n persoonlike MAC verwysingsnommer ontvang. Jy moet asseblief dan R1250 registrasiefooi in ons rekening inbetaal; gebruik altyd jou MAC verwysingsnommer. Hierdie registrasiefooi maak deel uit van jou totale uitreikkoste, maar indien jy van die uitreik onttrek, word dit nie terugbetaal nie.
(merk hier as jy saam stem)
  • Indien jy onttrek van die uitreik nadat jou vlugkaartjie aangekoop is, word die vlugdeposito en kansellasiefooi nie terugbetaal nie.
(merk hier as jy saam stem)
  • Faks vir ons dadelik 'n kopie van jou geldige paspoort (verval datum is 6 maande of langer van uitreik se terugkomsdatum) na 086 630 3193.
(merk hier as jy saam stem)
  • Indien jy nie 'n geldige paspoort besit nie, doen dadelik aansoek vir jou paspoort, dit neem ten minste 6-8 weke vir 'n paspoort om uitgereik te word.
(merk hier as jy saam stem)
  • Sodra jy in besit is van 'n geldige paspoort, laat die uitreik koördineerder weet en maak 'n reëling om die paspoort by ons kantore te kry.
(merk hier as jy saam stem)
  • Die deelname aan die Masedonië Projek kan intens en vermoeiend wees. Dit kan lang vlugte, trein-, bus- of motorritte insluit, sowel as lang loopafstande. Deelnemers word ook altyd versoek om hul eie bagasie te dra. Ruskamers is nie altyd geredelik beskikbaar en skoon nie. Dit behels ook die verandering van dieet en inneem van water gebruik. Al dié faktore mag sekere gesondheidsimplikasies inhou, en die mediese fasiliteite in die lande waar ons reis is meestal onvoldoende. Maak dus asseblief seker dat u medies geskik is om die reis mee te maak.
(merk hier as jy saam stem)
  • Die land se koördineerder sal vir jou 'n gebedslys gee waar jy ander gelowiges sal vra om vir jou te bid gedurende die reis. Oorweeg slegs persone wat getrou sal bid. Neem asb kennis dat 'n selfoonnommer en eposadres benodig sal word van hierdie groep mense, en dat die lys dan by die land se koördineerder ingedien moet word.
(merk hier as jy saam stem)

VRYWARINGSOOREENKOMS
  • Ek doen hiermee afstand van enige eise van enige aard teen die Masedonië Projek, 'n bediening van Campus Crusade for Christ SA, wat ek, my erfgename, afhanklikes, administrateurs, eksekuteurs, mag hê as gevolg van geweld, politieke oproer, arrestasie, deportasie of enige rede vir 'n aanval, ongeluk, siekte en/of enige beserings en/of verlies van of skade aan besittings of enige gevolglike verlies van enige aard of oorsaak hoegenaamd, wat mag ontstaan gedurende of voortspruitende uit my betrokkenheid met die Masedonië Projek.
  • Ek sal my onderwerp aan die leiding, beleid en prosedures van die Masedonië Projek.
  • Ek magtig hiermee die Masedonië Projek om in die geval van 'n besering toestemming te gee tot mediese noodbehandeling en ek stem toe dat ek verantwoordelik is vir volle betaling van sodanige behandeling.
Ek bevestig hiermee dat ek die bestaande verklaring gelees het en dat ek ten volle die inhoud en gevolge van die vrywaringsvorm verstaan.
(merk hier as jy saamstem)

GELOOFSVERKLARING
EK STEM SAAM DAT
  1. Daar net een ware God is, uiterlik bestaande uit drie persone: Vader, Seun en Heilige Gees, wat elkeen in gelyke mate beklee is met die hoedanighede van Godheid en die karaktertrekke en persoonlikheid daarvan.
  2. Die Bybel, God se openbaring is en dit uniek is, woordeliks en ten volle geïnspireer deur die Heilige Gees, en dat dit foutloos geskrywe is in die oorspronklike manuskripte. Dit is die hoogste en finale gesag in alle sake waaroor dit spreek.
  3. Jesus Christus God is, die Lewende Woord, wat vlees geword het deur Sy onbevlekte ontvangenis deur die Heilige Gees en sy maagdelike geboorte. Hy is volmaakte Godheid en ware menslikheid vir ewig verenig in een persoon.
  4. Jesus Christus ‘n sondelose lewe gelei het en vrywilliglik boete gedoen het vir die sonde van die mensdom deur aan die kruis te sterf as hulle plaasvervanger, sodoende goddelike geregtigheid bevredig en saligheid volbring het vir almal wat net op Hom vertrou.
  5. Jesus Christus uit die dood opgestaan het in dieselfde liggaam, alhoewel verheerlik, waarin Hy gelewe en gesterwe het.
  6. Jesus Christus na die hemel opgevaar het en sit aan die regterhand van God die Vader, waar Hy, die enigste bemiddelaar tussen God en die mense is.
  7. Mense oorspronklik na die beeld van God geskape is. Hulle het gesondig deur aan God ongehoorsaam te wees. Sodoende is mense vervreem van hulle Skepper. Die historiese val van die mensdom het alle mense die Goddelike oordeel op die hals gehaal.
  8. Mense van nature bedorwe is en dus geheel en al onbekwaam is om God te behaag.
  9. Die redding van die mens geheel en al die werk van God is en nie die werk, geheel of gedeeltelik, van menslike werke of goedheid of godsdienstige seremonies nie. God verleen sy geregtigheid aan almal wat hulle vertroue stel in Christus alleen vir hulle redding.
Ek het die bostaande gelees en stem saam met die inhoud daarin.
(merk hier as jy saamstem)
Genereerde letters:    dl3n5     Tik die genereerde letters in die teksboks